R7 miljoen se melk onafgelewer

Die Departement van Gesondheid in Wes-Transvaal moes ’n senior amptenaar skors nadat vasgestel is dat ’n aantal besendings melk vir babas wat bestel is, nooit versprei is nie.

Die melk word aan babas voorsien waarvan die ma MIV-positief is.

Sowat R2 miljoen se melk moes weggegooi word omdat dit verval het voor dit versprei is.

Dit is nie bekend of daar nog ’n voorraad melk is wat reeds verval het nie

Die Departement se woordvoerder het in ’n verklaring gesê dat ene Cornelius Lebeloe  wat toe ’n direkteur was wat verantwoordelik is vir MIV-aangeleenthede in die provinsie, nog nie skuldig bevind is nie, maar wel geskors is hangende die bevindinge van die ondersoekers.