Protesoptog vir Derby-Lewis se vrylating.

Saterdag-oggend het ‘n groep besorgde burgers op Kerkplein in Pretoria bymekaar gekom om die vrylating van politieke gevangene, Clive Derby-Lewis van die ANC-regering te eis.
Die protesoptog was gelei deur verskeie prominente Boere-Afrikaner organisasies waaronder die HNP; die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG); die Boere Krisis Aksie; die Boere-Afrikaner Volksraad; die nuut gestigde Front Nasionaal party, as ook sanger-aktivis Steve Hofmeyr, getel het.
Die protes is deur die organiseerders gereël om beswaar te maak, teen die gruwelike menseregteskendings waaronder Derby-Lewis tans gebuk gaan. Clive, wat in 1993 skuldig bevind is aan die moord op die kommunistiese geweldenaar Chris Hani, het reeds 20 jaar van sy vonnis uitgedien en is reeds twee keer parool geweier.
Tenspyte daarvan dat Derby-Lewis gediagnoseer is met longkanker, en volgens vertroulike bronne slegs maande oor het om te leef, weier die ANC nog steeds om hom vry te laat. Intussen is Clive onlangs deur ‘n boosdoener in die gevangenes met ‘n gebreekte bottel gesteek, maar was eers mediese hulp toegestaan, nadat die ANC met regstappe gedreig is.
Die sameroepers van die optog het dit baie duidelik gemaak dat die ANC se selektiewe geregtigheid niks anders as banale menseregteskendings is nie, omdat díe gehate organisasie al verskeie van sy eie gevonnisde kaders en kamerade begenadig het, na slegs ‘n paar jaar tronkstraf.
Derby-Lewis, wat ‘n model-gevangene is, het reeds 20 jaar van sy vonnis uitgedien en die ANC se weiering is niks anders as marteling nie, het van die omstanders beweer.
Dan Roodt (PRAAG) het by die geleentheid uitgewys dat die ANC-terroriste wat verantwoordelik was vir die dood van 19 onskuldige mense en die verminking van 200 ander in 1983 tydens die Kerkstraat-bom, vandag op vrye voet is, terwyl die 78-jarige Derby-Lewis sy laaste dae in pyn en lyding in ‘n ANC tronk moet slyt.
Front Nasionaal het benadruk dat die onreg wat teen Clive gepleeg word, tekenend is van ‘n onderdrukkende regime en dat Boere-Afrikaners se enigste redding te vinde is om vir selfbeskikking te kies in die komende eenheidstaatverkiesing.
Na afsluiting van al die sprekers se redes, het die optog in die rigting van die hoofkantoor van die ANC se korrektiewe dienste beweeg, om ‘n versoekskrif vir die onmiddellike vrylating van Derby-Lewis aan die verteenwoordiger van die DKD te oorhandig.
Onder luide uitroepe van "Laat Derby-lewis vry!", het die groep dapper Boere-Afrikaners hulle in die rigting van die DKD hoofkantoor begewe, maar nie voordat enkele aggressiewe Julius Malema-ondersteuners, banaliteite soos "Kill the Boer, kill the farmer!"; "We will nationalise!", en "F#ck Derby Lewis, he can rot in hell!" aan die vreedsame protesgangers geskreeu het nie.
Die polisie het die plofbare situasie gelukkig ontlont, waarna die betoging voort gegaan het na sy bestemming. Voor die gebou het die verteenwoordiger van die DKD die protesleiers ingewag en die versoekskrif vir die onmiddelike vrylating van die Derby-Lewis oorhandig.
Na enkele woorde van die DKD beampte, het Abel Malan van die Boere-Afrikaner Volksraad ‘n voorbereide verklaring aan die betogers en die DKD voorgelees waarin gestipuleer word dat die ANC net 21 dae kans gegun word om aan die inhoud van die vrylatingseis te voldoen, waarna verdere stappe geneem sal word om die ANC te dwing om gehoor te gee.
Die groep moedige manne en vroue het daarna terug gekeer na Kerkplein, waar die sameroepers almal bedank het vir hulle ondersteuning.
Na ‘n kort gebed, het die protesgangers vreedsaam huiswaarts gekeer.