Polisiebeampte steel en moor

In Nelspruit is ’n polisiekonstabel en ’n medepligtige in hegtenis geneem en voor die hof gebring nadat hulle klaarblyklik ’n man vir sy motor vermoor het.

Sandile Dlamini(28) en ­Saico Mathe (30) het na bewering die Volkswagen gesteel nadat hulle die eienaar vermoor het.

Die polisie het verneem dat iemand roekeloos op die N4 ry, en toe op die twee vermeende moordenaars afgekom en hulle in hegtenis geneem nadat hulle bloed op die agtersitplek van die voertuig gesien het.

Dlamini, die bestuurder van die motor, is ’n polisieman van Balfour in Oos-Transvaal, en was glo sterk onder die invloed van drank.

Die naam van die vermoorde man, wie se lyk langs ’n pad gevind is, is nog nie bekend gemaak nie. Hy het ’n skietwond aan sy kop.

Beslag is gelê op Dlamini se amptelike vuurwapen gelê en die twee word aangehou tot hul verhoor datum op 10 April.