Platinumstaking dalk aan einde

Dit lyk asof daar dalk ‘n einde kan kom aan die drie maande staking in die platinum mynsektor. Daar is ooreengekom om op ‘n hersiene verhogingsbasis te onderhandel.

Die vakbond, Amcu, het hulle onverbiddelike eis van ‘n onmiddellike minimumverhoging van R12 500 per maand aangepas na die moontlike aanvaarding van ‘n verhoging wat in 2017 op die bedrag sal eindig vir die minimum vlakke. Dit sal gemiddelde jaarlikse verhogings vir die volgende vyf jaar van 7.5% tot 10% meebring.

Intussen kom daar berigte na vore van ekonomiese ontberings van werkers, wat die afgelope drie maande sonder inkomste was. Winkelgroepe rapporteer dat daar in sekere streke, waarvandaan die mynwerkers kom, soos die Oos Kaap en Noord Transvaal, dalings in die verkope van voedsel van tot 40% was.

Die vakbond, Amcu, se woordvoerders het ‘n beroep op die regering en privaatorganisasies gedoen om geldelike hulp te voorsien om die finansiële gevolge van hulle staking mee te finansier.