Platinummyne oorweeg meganisasie

Volgens ‘n woordvoerder van Impala Platinum word die moontlikheid van meganisasie by drie nuwe skagte in Rustenburg omgewing oorweeg. ’n Ander moontlikheid in oorweging is om nie verder voort te gaan met die nuwe Leeuwkop myn, waar konstruksie reeds begin het nie.

Die mynbase by Anglo American het soortgelyke planne bekend gemaak.

Die behoefte aan meganisasie is die gevolg van die stakings wat die platinummyne nou al vir weke lamlê, asook die koste aan arbeid wat die winsgewindheid van die bedryf bedreig.

Implats se hoofuitvoerende beampte, Gerhard Potgieter, het gesê dat die meganisasie planne nie ‘n direkte gevolg is van die stakings nie, maar dat arbeid oor die afgelope tien jaar so gestyg het dat meganisasie ‘n aantreklike opsie geword het.