Plakkerskamp is onrus gebied

Daar heers totale chaos in die Olievenhoutbosch plakkerskamp buite Pretoria, met etlike duisende swartmense wat die afgelope dae in die strate en paaie betoog.

Die inwoners is glo woedend omdat die stadsraad die inwoners van Mooiplaas na die Olievenhoutbosch-gebied wil verskuif.

Die Olievenhoutbosch-plakkers sê daar is alreeds 10,000 swartes wat nie huise het nie, en nou wil die munisipaliteit nog ander daarheen verskuif.

Dit is onaanvaarbaar, sê hulle.

Na verneem word belowe die stadsraad die plakkers al vir die afgelope 8 jaar dat hulle huise gaan kry in Olievenhoutbosch, maar daarvan kom dadels.

Die plakkers sê hulle sal bly betoog en paaie blokkeer tot die munisipaliteit se woordvoerders met hulle kom praat, want hulle is vas van plan om hulle grondgebied te beskerm teen verdringing.