Petrolprys op, diesel af

Die Departement van Energie het bekend gemaak dat die brandstofprys op Woensdag, 2 April, gaan styg. Petrol (95 oktaan) sal met 7c per liter styg en diesel (0.05%) met 7.8c per liter verlaag word.

Volgens die ANC-regime se minister van arbeid sou die styging hoër gewees het, maar die inbedryfstelling van die nuwe multi-produk pyplyn, waarmee brandstof vanaf Durban na die binneland vervoer word, se 3c heffing sedert 2008 is gestop en aan die verbruikers deur gegee. Hierdie heffing was net deur sekere streke in die land betaal en die 3c voordeel sal net op daardie betrokke gebiede van toepassing wees.