Parlementslede laat vuiste klap

Parlementslede in die Oekraïne het mekaar te lyf gegaan tydens gister se parlement sitting nadat die leier van die kommuniste,  die nasionaliste beskuldig het dat hulle met buitengewone taktiek besig is om eintlik Rusland se plan te bevorder.

Afgevaardigdes van die vêr-regse, nasionalistiese Svoboda-party, het beswaar gemaak teen die aantyging deur die kommunis, Petro Symonenko.

Terwyl Symonenko besig was om te praat, is hy gegryp en rond geruk.

Symonenko se party ondersteuners het toegetree tot die onderonsie en ’n volskaalse geveg het uitgebreek.

Die kommuniste het die ontsette leier, Viktor Yanukovich ondersteun in die tyd voor moes padgee uit die Oekraïne

Die nasionaliste se humeure het weer opgevlam teenoor die opponente toe Symonenko verwys het na die pro-Russiese betogers wat talle geboue in Oos-Oekraïne beset het. Hy het glo uitgewys dat die nasionaliste vroeër vanjaar die presedent geskep het om geboue te beset, toe hulle in hul protesaksies begin het om regeringsgeboue te beset omdat hulle ontevrede was met Yanukovich se bewind.

Symonenko is nie beseer is nie, maar minstens een nasionalis het met duidelike beserings weer sy sitplek ingeneem.