Palestyne verenig onder druk

Die verskillende Palestynse partye het so pas daartoe ingestem om ʼn sogenaamde eenheidsregering te vorm wat binne die volgende maand saamgestel sal word nadat die land se regering erg verdeeld geraak het oor die afgelope dekade.

Die premier van Gasa, Ismail Haniya, het in die verklaring gesê hulle het gesamentlik ooreengekom om ʼn verenigde regering te vorm onder die leiding van president Mahmud Abbas.

Die bekendmaking van die nuus, het duisende Palestyne in die strate van Gasa-stad laat rond dans van vreugde. Die vreugde is egter vinnig gedemp toe Israeliese vegvliegtuie in die noordelike Gasa-strook met aanvalle begin het.

Ses Palestyne is in die aanvalle gewond.

Foto – Ismail Haniya