Paleis-wag tree sterk op

By die Buckingham-paleis in Londen was daar vir ’n tydjie chaos toe ’n veiligheidswag sy geweer met ’n skerp bajonet aan die voorpunt, dit op ’’n besoeker gerig het.

’n Polisiebeampte wat probeer het om ’n lawaaierige, skreeuende man te probeer kalmeer, s deur ’n veiligheidswag van die paleis te hulp gesnel.

Blykbaar het die skreeuende man probeer om in die paleis se gronde te kom.

Die skreeuende man is beskou as ’n potensiële moeilikheidmaker, en dit het die veiligheidswag verplig om op te tree.

Die wag het nie gehuiwer om die man te waarsku nie, en toe dié nie goed genoeg na sy sin reageer nie, die geweer op hom gerig en die bajonet gevaarlik na aan hom gehou.

’n Woordvoerder het later gesê die wag het volgens regulasies opgetree en sal nie vir die voorval aanspreeklik gehou word nie.