Pa skiet seun by Ekspo

’n Pa en sy twee seuns wat die jaarlikse HuntEx Kleinkaliber-ekspo by die Gallagher Estate in Midrand bygewoon het, het ’n traumatiese ervaring gehad toe die pa per ongeluk sy seun in die skouer geskiet het.

Mnr. Adriaan Woudstra, die organiseerder en besturende direkteur van HuntEx, sê dit het in ’n badkamer gebeur toe hy sy seuns daarheen geneem het toe die vuurwapen afgegaan het..

Paramedici by die ekspo het die knal van ’n geweerskoot gehoor en hulle daarheen gehaas, om die kind te stabiliseer en na die hospitaal te neem.

Die hele familie is erg getraumatiseer deur die voorval.