OVK voorsitter moet bedank vra eisers.

Verskillende politieke partye eis steeds die bedanking van die omstrede voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), adv. Pansy Tlakula.

Volgens ’n woordvoerder van die sogenaamde veelparty-forum wat die voorsitter se bedanking eis, is die forum reeds besig om voorbereidings te tref vir die regsroete wat gevolg gaan word.

Die UDM leier, Bantu Holomisa, wat ook voorsitter van die veelparty-forum is, sê indien die voorsitter, Tlakula nie teen Dinsdag bedank het nie, sal daar beslis ’n hofgeding plaasvind.

Die veelparty-forum het die OVK voorsitter sewe dae tyd gegee om te bedank uit sy amp, waarna die hofgeding kan begin.

Die optrede volg nadat die verslag van die Openbare Beskermer (OB) asook ’n forensiese ondersoek, getoon het dat sy by onreëlmatighede betrokke was met die nuwe OVK-hoofkantoor wat in Verwoerdburg betrek is.

Vandag (Dinsdag) is die keerdatum, en word die voorsitter se beanking afgewag, sê die forum.

Foto – adv. Pansy Tlakula.