Oostenrykers bou ekonomiese motorfiets

’n Oostenrykse vervaardiger het daarin geslaag om ’n elektriese motorfiets te bou met besondere eienskappe.

Die Johammer-maatskappy het ’n motorfiets ontwerp en gebou wat genoem word die J1.200 wat die wêreld se eerste motorfiets is wat ’n afstand van 200 km kan aflê sonder om tussenin herlaai te word.

Die maatskappy, waarvan hul hoofkantoor in Bad Leonfelden, Oostenryk is, het die rytuig gebou wat slegs 178 kg weeg, en dit sluit die batterye in.

Die stel batterye van 12,7 KWh tesame met ’n elektriese motor van 11 kw is instaat om die fiets ’n totale kraglewering van 14 perdekrag te verskaf.

Die ysterperd kan ’n snelheid van 130 km per uur behaal en kos sowat R368,900.

Foto verskaf deur Reuters