Oos-Transvaal -‘n onrus gebied

Die rustige Oos-Transvaal is eintlik ’n kookpot as ’n ondersoek oor betogings en korrupsie van naderby beskou word. By nadere ondersoek is dit eintlik ’n betogers-mekka wat die ekonomie ernstig knou.

Dit is die mening van ’n arbeid-kenner wat onlangs die gebied besoek het en navorsing gedoen het oor die redes vir betogings, en algemene verval van die provinsie.

Elke vyf weke is daar minstens een betoging in die pragtige Oos-Transvaal, en dan gaan dit gepaard met gewelddadigheid waar geboue afgebrand en voertuie onder die klippe gesteek word.

As gevolg van die onrus, is die werkloosheidsyfer steeds aan die styg, word misdaadvlakke die hoogte ingejaag, en gesondheidstoestande versleg byna daagliks.

Dit alles gebeur omdat swak dienslewering deur munisipaliteite as die hoof oorsaak is.

Die ANC se belofte van almal kry goeie drinkwater en ander gesondheidsgeriewe, is nie in Oos-Transvaal vir plakkerskampe en lokasies beskore nie, en talle dorpe in die gebied gaan ook gebuk onder swak dienslewering.

Waarnemers sê die onbegaanbaarheid van paaie is ook ’n rede waarom mense betoog, en die provinsie se swak beplanning met begrotings is een van die redes waarom die paaie toenemend agteruit gaan.

Die Vryburger het verskeie kere berig oor die swak toestande in Lydenburg. Slaggate in die paaie van die gebied noodsaak motoriste om nooit vinniger as 40km per uur te ry nie, en is dit soms beter om langs die pad te ry.

Lydenburg sit met ’n begrotingstekort van sowat R220 miljoen terwyl diensverskaffers uiters gefrustreerd is omdat die honderde miljoene Rand wat aan hulle verskuldig is, nie betaal word nie.

Eskom het al by geleentheid die kragtoevoer af gesny want die skulde beloop R170 miljoen.

Gedurende Mei 2012 het Edna Molewa, Waterwese minister belowe dat die infrastruktuur in Oktober 2012 voltooi sou word. Nou is dit byna twee jaar later en niks het verander nie, word gesê.

In Nelspruit gaan dit nie veel anders nie.

Foto – Edna Molewa