Oos-Kaapse plaasaanval eindig in hof

Drie swartes, in die ouderdomsgroep 16 tot 17 jaar is aangekeer deur die polisie nadat hulle vroeër die maand ’n plaasbestuurder en sy dogter gewond het op ’n plaas in die Ugie-distrik.

Die blanke bestuurder het ’n skietwond opgedoen in sy bobeen, en sy dogter ’n skietwond in haar skouer, en skrams in die een long, toe sy probeer het om die deur agter haar toe te maak.

Die plaasbestuurder se vrou het egter kort daarna sy wapen gevind, en vuur beantwoord, en minstens een gewond.

Die aanvallers het op die vlug geslaan, maar terwyl die gesin in die hospitaal was en behandel word vir hulle wonde, het een van die aanvallers met ’n skietwond opgedaag.

Die volgende dag was al drie die aanvallers agter tralies.