Onbekwame polisie word opgelei.

Die ou gebruik om polisie behoorlik op te lei, en in besonder om ’n voertuig meesterlik te gebruik in noodgevalle, is deur die ANC regering afgeskaf omdat dit onnodige “witmens metodes” is.

Nou, na twintig jaar waarin polisievoertuie op groot skaal verniel en afgeskryf is vanweë onbekwaamheid agter die stuurwiel, is besluit om polisiebeamptes op te lei sodat hulle darem die mees basiese kan doen, soos die minimum vereiste van ’n K53-rybewystoets.

Na verwagting sal die bestuurskursus in Junie in aanvang neem met ’n eerste 1,000 polisiebeamptes wat opgelei gaan word.

Genl. Riah Phiyega sê hoe meer lede rybewyse het, hoe meer polisievoertuie kan op die paaie ontplooi word om misdaad vas te vat.

Kenners verskil egter met die mening van die generaal, en sê die polisie beskik nie eers oor genoeg brandstof om die bestaande voertuie opp die pad te hou nie, en die nuwe opleidingskursus kan gesien word as nog ’n geld verkwisting projek