Hy kon nie staan en toekyk hoe boewe sy vriend se bakkie steel nie, en het besluit om op te tree, maar dit het nie sonder drama verloop nie.
Vir meer as ’n half-kilometer moes hy hou vir al wat hy kan, met skoene wat deur geskuur is op die teer, tot daar waar die dief moes stop by ’n vierrigting stopstraat, daar het hy gelos om hard met die teer kennis te maak.
Op daardie oomblik het ’n metro polisiebeampte die spulletjie gesien en vinnig nader gekom om te verneem wat gaande is.
Kort daarna is die bakkie gevind, waar die dief dit gelaat het. Selfs die eienaar se beursie is onaangeraak in die bakkie gevind, maar die dief was skoonveld.
Fouché moes later in die hospitaal opgeneem word vir behandeling van sy voete wat erg seergekry het met die gesleep op die teerblad.
“Ek en vriend Koos ken mekaar baie jare, en ons help maar mekaar waar ons
Nuutste kommentaar