Om die wêreld met sonkrag

Twee Switsers, Bernard Piccard en André Borschberg het die ondernemingsgees openbaar deur ’n ligte vliegtuig, die Solar Impulse 2 gereed te maak om reg om die aarde daarmee te vlieg.

Die vlug, wat vir 2015 beplan word, sal 24 uur per dag duur, en deurlopend net van sonenergie gebruik maak vir die duur daarvan.

Toegerus met ’n stel batterye wat saam sowat 650kg weeg, wat gelaai word deur 17,000 sonkrag selle wat op die vlerke gemonteer is, sal die vier elektriese motors aangedryf word.

Dié koolstofvesel vervaardigde vliegtuig, met ’n vlerkspan van 72 meter, weeg sowat 2,300 kg en sal na verwagting gemaklik die hele roete aflê sonder dat die twee mans hoef stil te hou vir brandstof.

Die vlerkspan van die sonkrag-aangedrewe vliegtuig is ietwat wyer as dié van ’n Boeing 747 vliegtuig.

Kenners meen dat die tog om die wêreld ’n tegnologiese deurbraak sal wees wat verrykende veranderings teweeg kan bring in lugvaart.