Oekraïne – Spanning steeds plofbaar

Rusland se minister van Buitelandse Sake, Sergej Lavrov het in ’n persverklaring gesê sy land het geen erg vir oorlog in die Oekraïne nie, en het geen belang daarin om die land binne te val nie.

Die Nederlandse koerant, De Telegraaf, berig dat die troepe in Krim geplaas is omdat daar bewerings is dat Russies-sprekendes in die Oekraïne deur die bevolking geteister word, wat nie toelaatbaar is nie.

Rusland sal sy mense in die Oekraïne beskerm teen enige gewelddadigheid wat teen hulle gepleeg sou word, het Lavrov glo te kenne gegee.

Pres. Barack Obama van Amerika wil dat Rusland afsien van enige vêrdere provokasie en vra dat Russiese troepe terug trek van die Oekraïne-grense.

Sedert Rusland se inisiatief wat tot ’n referendum in die Krim-skiereiland gelei het, is die spanning tussen Moskou en die Weste aansienlik verhoog.

Intussen het Oekraïne se Minister van Binnelandse Sake, Arsen Awakow, tydens ’n perskonferensie genoem dat Oekraïne se spesiale magte, die Berkut-eenheid, tientalle anti-regering betogers doodgeskiet het.

Avakov het ook bekend gemaak dat die regering die saak ondersoek, nadat drie betogers in hegtenis geneem kon word terwyl nege verdagtes nog voortvlugtend is.

Foto – Oekraïne minister Arsen Awakow