Oekraïne beleef nog betogings

Betogers in die stad Donetsk het die streeksdepartement van Oekraïne se Veiligheidsdienste beset. Dit het die betogers slegs 15 minute geneem om in hulle doel te slaag.

Ook in ander stede in die ooste van die Oekraïne, is regeringsgeboue beset. Donetsk dring ook nou aan op ‘n referendum vir onafhanklikheid.

Meer as 2,000 mense het op die Leninplein in Donetsk bymekaar gekom om te betoog teen die beskuldiging dat offisiere van Berkut op betogers gedurende die Maidan-opstande, geskiet het.

Die mense het versoek dat die "onwettige junta in Kiëf" politieke onderdrukking en vervolging van opposisielede staak.

Hulle dring ook daarop aan dat hulle wense gerespekteer word en hulle reg op selfbeskikking erken word en beywer hulle vir ‘n Krimtipe referendum om onafhanklik van Oekraïne te word.