Obama gaan nuwe sanksies instel

Pres. Barack Obama van Amerika gaan nog sanksies teen Rusland instel.

Dit volg nadat dit bekend geword het dat pro-Russiese inwoners van die oostelike streke in die Oekraïne die stad Kharkif beset het.

Pres. Obama het die aankondiging gemaak tydens sy besoek aan die Filippyne, en gemeld dat die sanksies toegespits sal word op toerusting van hoogs tegnologiese aard.

Obama het voorheen verklaar dat die sanksies wat toegepas word ten doel het om president Poetin van Rusland onder groter druk te probeer plaas weens sy beweerde betrokkenheid met die spanning in die Oekraïne.

Westerse lande sien die spanning wat deur die voorvalle in die Oekraïne veroorsaak is tussen die Ooste en Weste, as die ergste sedert die Koue Oorlog.

Intussen het die Russiese premier gesê die VSA se betrokkenheid in die Oekraïne is kommerwekkend en dit versteur die atmosfeer tussen die Ooste en Weste.

Intussen het Europese leiers stiller geword uit vrees dat Rusland die gas voorraad wat hy lewer. se pryse sodanig kan verhoog dat dit Europese lande weer in ’n ernstige ekonomiese krisis kan laat.