OB ondersoek Skerpioene

Die Federasie vir Volhoubare Omgewing (FVO) se direkteur, dr. Koos Pretorius, het ’n klag by die Openbare Beskermer(OB) gelê teen die Blou- en die Groen Skerpioene, sowel as teen die Departement van Minerale Hulpbronne wat nou deur die OB ondersoek word

Die ondersoek spruit uit beweerde onreëlmatighede wat glo onder die instansies se aandag gebring is, en wat betrekking het op onwettige mynbou aangeleenthede wat geïgnoreer word.

Dr. Koos Pretorius sê hy en ander mense kla reeds die afgelope dekade, oor beweerde ooglopende onwettige handelinge. Die klagtes is onder die Blou en Groen Skerpioene, sowel as onder die aandag van die betrokke Departement van Minerale Hulpbronne se aandag gebring, maar dit word telkens geïgnoreer.

’n Woordvoerder van die OB, Oupa Segalwe, sê ’n advokaat is reeds aangewys om die ondersoek te behartig.

’n Klagstaat van sowat 60 bladsye is opgestel, wat blykbaar wentel om die traagheid van wetstoepassers om aandag te gee aan die klagtes van mynbedrywighede in die Belfast en Carolina omgewings, wat onder hulle aandag gebring word.

Dr. Pretorius sê platinummyne in Wes-Transvaal en goudmyne in Sentraal Transvaal iis ook deel van die klagstaat wat ondersoek moet word.