Nuwe swemster laat rekords spat

Die nuwe swemster van Suid-Afrika, Dylan Bosch (20) het die goue seun van die land geword met sy rekords in die swembad.

Dylan het verlede Saterdag sy swemheld, Michael Phelps, se Amerikaanse vlinderslagrekord in die 200 meter by die universiteit kampioenskap in die VSA verpletter.

Dié jongman, oorspronklik van Randburg, is die afgelope twee jaar ’n student aan die

Universiteit van Michigan waar hy met ’n studiebeurs bewegingskunde en sportbestuur studeer.

Twee Amerikaners, Phelps en Tom Shields, het die rekord vir die 200 meter vlinderslag gedeel met ’n tyd van 1:39:65, en Bosch het dit tot 1:39.33 verbeter.

Daarmee het hy nie net die Universiteit se rekord verbeter nie, maar ook die Amerikaanse rekord verpletter.