Nuusflitse

Fikile Mbalula, minister van Sport en Ontspanning, is van ’n stemwerwingsveldtog in Freedom Park in Noordwes verwyder in ’n koeëlvaste voertuig toe lede van die vakbond Amcu gewelddadig geraak het.

 

Twee swartes is dood en sowat 50 plakkers se huise is verwoes in die omgewing van Johannesburg tydens ’n brand wat glo met ’n paraffienstofie veroorsaak is

 

Sewe sekuriteitswagte is Dinsdag in die suidweste van Pakistan doodgeskiet toe hulle probeer het om ʼn bankrooftog te keer. ʼn Rower is ook in die voorval dood wat in die stad Turbat plaasgevind het.

 

Ses mense is in ʼn skietvoorval in ʼn FedEx-gebou by ʼn lughawe in Atlanta in die Amerikaanse deelstaat Georgia beseer. Die vermeende aanvaller is dood nadat hy homself vermoedelik geskiet het.