Nuusflitse

’n Vrou wat by haar ma in Oregon gekuier het, dagvaar nou die buurvrou en eis sowat R2,9miljoen se skadevergoeding vir pyn en lyding nadat ’n troetel­-eend haar glo aangeval het.

 

Sowat 40 mense het gesterf toe ’n goederetrein in die suidooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontspoor het.

 

Glynnis Breytenbach, wat uit Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bedank het en nou ’n parlementêre kandidaat van die Zille-party is, het haar eerste vertoning gehou deur ’n straatoptog te lei met sowat 1,000 volgelinge.

 

Teenstanders van pres. Hassan Rouhani van Iran het teen hom uitgevaar nadat sy vrou  ’n “kwistige bal gehou het terwyl gewone Iraniërs swaarkry”. Die dinee vir vroue is in ’n paleis in Teheran gehou om Vrouedag te vier.

 

Die Indonesiese militêre bevelvoerder sê diegene wat hom oor sy luukse horlosie kritiseer, moet stilbly omdat dit eintlik ’n vervalste horlosie is wat in China gemaak is.

’n Singapoerse webwerf het dié week ’n foto van genl. Moeldoko gepubliseer met ’n Richard Mille-horlosie ter waarde van R1miljoen).

 

’n Motorbom het by ’n polisie-kontrolepunt suid van Bagdad in Irak ontplof en agt mense is dood gelaat