Nuusflitse

Die Kremlin het bevestig dat pres. Wladimir Poetin en sy vrou, Lyudmila, ná ’n huwelik van 30 jaar geskei is. Lyudmila het gesê die huwelik is iets van die verlede omdat “ons mekaar feitlik nooit meer sien nie”.

 

’n Aardbewing wat 8,2 op die Richterskaal geregistreer het, het dele van Chili geskud. Minstens ses mense is dood en skade aan infrastruktuur is aangemeld.

 

Een van die grootste besware teen die verskuiwing van die Morula Sun casino na Menlyn Maine in die ooste Pretoria is die veiligheid van skoolleerlinge omdat die beplande nuwe casino aan die Glen High School grens. Kapings en rooftogte wat dikwels by dobbelhuise voorkom, sal kinders se lewens in gevaar stel.

 

Hy is skaam vir Suid-Afrika se politieke leierskap en vertrou nie die huidige ANC-leiers nie, het prof. Willie Esterhuyse van Stellenbosch gesê. Esterhuyse, was betrokke by die grondwetlike onderhandelingsproses tussen die ANC en die Nasionale Party

 

’n Reeksverkragter is tot 805 jaar agter tralies gevonnis na hy ’n skrikbewind in Secunda gevoer het en sal vir sy 22 skuldigbevindings, elkeen afsonderlik ’n lewenslange vonnis uitdien in die tronk, wat beteken hy gaan tot sy dood in die tronk bly.

 

Ondersteuners van Zwelinzima Vavi sê hulle is seker dat hy nie uit die sentrale uitvoerende komitee (SUK) van Cosatu geskors gaan word nie want dít sal nóg erger skade berokken, het Stephen Faulkner van die vakbond Samwu gesê.

 

Verslaggewers was gereed by die Kaapstadse lughawe in afwagting toe Shrien Dewani, in die land aangekom het vir die hofsaak, waar hy van moord aangekla word. Die miljoenêr-sakeman het op vlug BA059 aangekom vanaf Londen.

 

ʼn Chileense vrou het ʼn man doodgeskiet, in stukke gesny en toe sy lyk gekook, omdat hy haar geld, Chileense pesos ter waarde van sowat R90,000, gesteel het.