Nog ‘n SA-vrou betrap met smokkelary

Uit Thailand word berig dat Monica Meere(34) van Suid-Afrika op die lughawe van Bangkok in hegtenis geneem nadat sy betrap is met kokaïen ter waarde van bykans R8 miljoen in haar besit.

Sy beweer dat sy misbruik is deur iemand in Suid-Afrika wat haar gevra het om die pakkie saam te neem vir iemand , en sy het gedink dit is sjokolade wat oorhandig moes word.

Skandeerders wat by die lughawe gebruik word, het die besending kokaïen uitgewys, waarna sy in hegtenis geneem is.

Sy is maklik geïdentifiseer toe doeanebeamptes die Qatar Airways redery gekontak het en versoek het dat een passasier nog nie die bagasie opgeëis het nie.

In Meere se bagasie is drie sjokolade houers gevind wat nuut voorgekom het, maar wat kokaïen bevat het. Sy was op ’n vlug vanaf Johannesburg en sou glo sake gaan doen het in Thailand waar sy die besending “sjokolade” aan iemand moes oorhandig.