Nkandlasirkus begin dalk sonder hoofnar

Mac Maharaj, pres. Jacob Zuma se woordvoerder, het op die vooraand van die parlementêre ad hoc-komitee se eerste vergadering oor Nkandla gesê, dat Zuma hom nie nou daartoe verbind om persoonlik voor die komitee te verskyn nie.

Die veelpartykomitee se 11 lede het in kamer V454 bo die ou Volksraad in Kaapstad vergader, ‘n geskiedkundige vertrek wat destyds as koukuskamer deur die PFP en NP gebruik is.

Die komitee, wat deur die speaker van die Nasionale Vergadering (NV) gestig is om die openbare beskermer (OB) se Nkandla-verslag en Zuma se antwoord daarop te ondersoek, het die mag om enigiemand, selfs die president, te roep om voor hom te getuig.

Maharaj kon egter nie sê of die president sal opdaag indien hy geroep word nie.  Hy het gesê hy gaan nie op spukulatiewe vrae antwoord nie en almal moet maar wag en kyk.

Druk op die president om persoonlik verantwoording te doen vir die R246 miljoen wat by sy Nkandla-huis bestee is, neem steeds toe veral met die Grondwet-wagorganisasie Casac, se eis dat die parlement Zuma moet ondervra om te bepaal hoe ernstig sy oortreding van die Grondwet is.

Adv, Thuli Madonsela, OB, het bevind dat Zuma die etiekwet en dele van die Grondwet oortree het deur nie onmiddellik ondersoek in te gestel het nie na staatsgeld van miljoene wat aan die verbetrings bestee is nie. In ’n skriftelike voorlegging wat Casac by die speaker ingedien het, word beklemtoon dat die president aan die parlement verantwoordbaar is en hy daarom nie vrae oor Nkandla kan ontduik nie.

Lede van die opposisie wat in die komitee dien, het gesê hulle gaan daarop aandring dat Zuma en die OB ten minste voor die komitee verskyn.

Madonsela het reeds gesê dat sy sal ’n uitnodiging aanvaar om voor die komitee te verskyn om haar bevindings te verduidelik.