Nkandla – Verslag gereed vir parlement

Die verdoemende verslag van die Openbare Beskermer(OB) oor die skandalige Nkandla opgradering ten bedrae van R246 miljoen sal glo voor die algemene verkiesing ter sprake kom, volgens die speaker se aankondiging.

’n Sogenaamde “veelparty komitee van parlementslede” sal glo aangewys word om die Nkandla-verslag te oorweeg en sal oor die gesag beskik om selfs die land se president te roep om te getuig.

Die verslag wat opgestel is deur die OB, onder leiding van adv. Thuli Madonsela, het verdoemende bevindinge openbaar en het warm kole oor haar laat loskom deur hooggeplaastes in die ANC regering wat nou Madonsela se kop eis.

Politieke ontleders meen egter dat indien die ANC sou besluit om Madonsela af te dank, die land verder blootgestel sal word aan enorme korrupsie en bedrog.

Die speaker het glo vir Mulder van die Vryheidsfront Plus geskakel en gesê hy wil ’n ad-hoc komitee saamstel wat die saak moet hanteer wat voor 6 Mei afgehandel moet word.