Nkandla- ANC se strategie

Die regerende ANC het glo sy “swaar gewigte” ingespan om in die komitee te dien wat moet handel oor die OB se verdoemende verslag teen pres. Zuma en verskeie ministers oor hulle optrede rondom die R246 miljoen skandaal van Nkandla.

Die ANC het Cecil Burgess, ’n senior ANC-LP wat voor geloop het toe opposisie partye probeer het om te keer dat die kommunisties-georiënteerde “muilbandwet” goedgekeur word. Hy was die man wat die pogings laat misluk het.

Hulle het ook Luwellyn Landers, die omstrede voorsitter van die portefeuljekomitee oor justisie aangewys, sowel as Buti Manamela, die leier van die Young Communist League (YCL) wat onlangs die Openbare Beskermer (OB) uitgeskel het deur te sê sy “is nie God nie”.

Cedric Frolick, die ANC-voorsitter in die Nasionale Vergadering is ook aangewys en sal waarskynlik as voorsitter van die komitee benoem word.

Die span se taak sal wees om die OB verslag af te water en pres. Zuma “beskerm” teen die aanval wat in die verslag na vore kom en deur opposisielede in ’n ernstige lig beskou word.