Nasa wil stof opskop

Nasa beplan om op 21 April ’n robot-ruimtetuig na die maan se agterkant te stuur en daar teen die oppervlakte te laat bots met die doel om stof op te jaag en dan die stofdeeltjies wil ontleed.

Om dit te doen beteken dat fyn dinkwerk gedoen moet word om die tuig vanaf die aarde te bestuur tot by die agterkant van die maan, waar geen mens nog ooit was nie, en ook nie insae het van hoe dit daar lyk nie.

Die robot, bekend as Ladee, (Lunar Atmosphere and Dust Environment Explorer) se tog na die maan, en sy “opdrag” is juis daarop ingestel om wetenskaplikes meer inligting te verskaf oor die unieke stofwolk wat die maan omhul, en die tuig is so goed ingestel dat dit oor die vermoë beskik om waarnemings te doen van stofdeeltjies van 0,6 mikron in deursnit, wat aansienlik kleiner is as die 100 mikron van ’n gewone papierbladsy.

Wetenskaplikes het reeds meer as 700,000 waarnemings van die aard gemaak, en

Nog meer soortgelyke waarnemings moet nog op maan-stofdeeltjies gedoen word.

Ladee is in die tweede helfte van verlede jaar die ruimte ingestuur om die atmosfeer van die maan verder te bestudeer, en daar is nog baie navorsing wat gedoen moet word om die stofwolk wat die maan omsluit, en wat digter word na mate nader aan die oppervlakte gegaan word, verder te ontleed.