Mynwerker-betogers plunder winkels

’n Horde betogende mynwerkers het gedurende die middernagtelike ure ’n winkelkompleks naby Impala Platinum se een skag geplunder en daarna ’n saal waar vergaderings gehou word, in vlamme laat opgaan.

Die sowat 4,000 betogers het glo verskeie winkels en die saal aan die brand gesteek nadat die winkels beroof is van voorraad.

Die onervare polisiebeamptes het probeer om die duisende betogers uiteen te jaag met skokgranate, maar hulle was onsuksesvol en het met hulle swak vertoning teen die stakers, die woedende skare net verder aangespoor om te plunder.

Die polisie kon nie daarin slaag om een enkele brandstigter of rower in hegtenis te neem nie.

Die Vryburger het intussen verneem dat 70 gewelddadige betogers in Bloemhof, in die Wes-Transvaal aangekeer is nadat ’n reeks huise, aan die brand gesteek is. Die huise van agt polisiebeamptes het ook in vlamme opgegaan.

Op verskeie ander plekke is huise van prominente ANC mense afgebrand.

.