Musiek vir Goeie Vrydag

 https://www.youtube.com/watch?v=lUJQbmHp4wY

 

Aan al ons lesers. Spesiaal vir Goeie Vrydag hierdie opname van "He was despised" uit Die Messias van Handel.

Die sangeres is die Engelse alt, Kathleen Ferrier en die orkes word deur Sir Adrian Boult gedirigeer.

 

Die sangeres se diksie is so uitmuntend en haar vertolking, 60 na jaar dood, steeds weergaloos. Maar let op die eerbied en diep gevoel wanneer sy die woorde sing: "He was despised, rejected. A man of sorrows and acquainted with grief."