Mugabe kam Europa

Tydens die Onafhanklikheidsfees van Zimbabwe, het pres. Robert Mugabe sommer kaalvuis onder die Europese lande ingeklim en hom kragtig uitgespreek teen Europa se sogenaamde homoseksuele onsin en twak/

Mugabe het in sy tirade daarop klem gelê dat Europa se leiers hulle nukke moet laat staan om al die sogenaamde homoseksuele-regte op Afrika-lande te wil af dwing.

Hy het weer beklemtoon dat Europa sê as ander lande ’n wet maak wat sulke homoseksuele troues verbied, dan sal hulle gestraf word.

Dit is toe dat hy onder luide gejuig gesê het Europa moet sy homosek­suele onsin vir hulleself daar hou en dit nie na Afrika probeer oordra nie.

Mugabe is steeds ontevrede omdat die Europese Unie sanksies teen hom en sy land ingestel het weens sy outoritêre regering.

Vroeër die maand het hy geweier om ’n Afrika-beraad van die Europese Unie by te woon omdat sy vrou se visum geweier is.