Moord en doodslag, elke dag

Die bestuur van Projek 2010 het weereens sy kommer uitgespreek oor die moorde op volksgenote wat ’n konstante stroom van sterftes meebring.

Die feit dat ’n dame haar eie man geskiet het omdat sy gemeen het dit is ’n inbreker, dui op die spanningsvolle lewe wat blankes deesdae ly.

Dit sou die mees normale ding gewees het vir haar man om net die huis in te stap, soos wat dit vroeërjare was toe niemand nodig gehad het om ’n deur te sluit nie.

Weer moes Suid-Afrika hoor hoe ’n egpaar, wat vir ’n naweek in ’n gastehuis gaan ontspan saam met hulle jong getroude kinders, deur swartes doodgeskiet word in hulle slaapkamer.

Die tempo van moorde staan reeds op ’n gemiddelde van een blanke wat vermoor word elke tweede dag, en dit wek die indruk dat daar duistere magte agter al die moorde sit.

Die bestuur het ook sy kommer uitgespreek oor die talle instansies wat met foutiewe inligting op die internet besig is om die volk se saak te benadeel. Onware syfers van moorde word verstrek, terwyl daar dikwels name gebruik word as vermoordes terwyl sulke mense klaarblyklik nie bestaan nie.

Sulke gegewens maak die hele volksmoord ’n “fiksie-verhaal” in die oë van die wêreld.

Die bestuur is van oordeel dat daar mense en instansies is wat daarmee probeer om die simpatie van die wêreld te verkry, maar in werklikheid het dit die teenoorgestelde uitwerking. Een foutiewe inskrywing sou meebring dat ’’n volledige lys name” bevraagteken kon word. Dit is een van die jammerlike gebeure wat nie net die volksmoord as saak benadeel deurdat dit bevraagteken word nie, dit benadeel ook die volk se toekomstige werk om op internasionale vlak hierna te verwys.

Dit is waarom die bestuur van Projek2010 met versigtigheid, en omsigtigheid te werk gaan in die rekordhouding op sy databasis, sodat daar geen twyfel mag bestaan oor een enkele geval wat aangemeld word nie.

Die bestuur het ook met verbasing kennis geneem van die feit dat mnr. F W de Klerk slegs sekere aspekte aanraak wanneer hy navrae uit die buiteland beantwoord.

Mnr. F W de Klerk probeer om met sy misleiding voort te gaan deur Europa se navrae te antwoord sonder om na die gewelddadige omstandighede in die land te verwys, en daarmee laat hy die indruk dat hy uiters ongevoelig is teenoor volksgenote en hulle families wat deur diep waters gaan as gevolg van sy oorgawe-optrede van 20 jaar gelede.

Moord en doodslag is een van die kenmerke wat die ruwe land met sy ruwe demokrasie beskryf, was die opmerking van ’n Projek2010 bestuurslid teenoor Die Vryburger.