Moolman herstel vinnig

Die bekende Afrikaanse tenoor, Jannie Moolman is steeds in die hospitaal nadat hy nog ’n suksesvolle operasie ondergaan het.

Moolman het ses beenfrakture opgedoen in sy gesig, wat met ’n operasie herstel is.

Dokters is tevrede dat daar nie ernstige skade aangerig is by sy sinusse nie, en reken sy algemene herstel sal vinniger wees as wat oorspronklik verwag is.

Sy een gebreekte arm is vroeër geopereer en dokters is tevrede met sy vordering.

Die bekende tenoor het etlike meters vêr geval toe hy hom klaarblyklik in die donker misgis het en van ’n verdieping geval het op ’n geplaveide oppervlakte.