Moolman herstel geleidelik

Jannie Moolman, die bekende tenoor is besig om geleidelik te herstel, haal self asem en sal glo sy bewussyn stadig en geleidelik herwin.

Dit is hoe sy woordvoerder, Barnard Beukman, dit in ’n verklaring gestel het.

Hy sê Jannie reageer uitstekend op die behandeling en is reeds in ’n belangrike fase van herstel nadat hy ontkoppel is van die asemhalings toerusting en nou heel gemaklik op sy eie asemhaal.

Jannie het ernstige skade aan die regterkant van sy gesig opgedoen, sy een hand gebreek met die val by ’n restaurant in Hartbeespoort.

Hy is in die Milpark-hospitaal opgeneem waar hy drie suksesvolle operasies ondergaan het, maar hy is met medikasie in ’n koma gehou, wat nou gestaak is.