Dit het nou die hoogste tyd geword dat landbou, die finansiële sektor, die sakesektor en elkeen wat eiendom besit, moet mobiliseer en saamwerk om privaatbesit, die vrye mark en kapitalisme in Suid-Afrika te red.
Dié oproep kom van mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA, na aanleiding van ‘n werksessie van die Departement Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. ‘n Konsepdokument, “Final Policy Proposals on ‘Strengthening the Relative Rights of People working the Land” is daar bespreek. Ingrypende en radikale voorstelle word in dié dokument gemaak, waaronder:
· Alle handel en nywerheid sal beheer word om die welsyn van mense te beheer
· Grond sal gedeel word deur diegene wat dit bewerk
· Enigeen sal die reg hê om grond te beset waar hulle dit verkies
· Historiese eienaars van grond sal net 50% behou
· Die 50% wat vir deelhouding beskikbaar moet word, sal deur die regering vergoed word maar in ‘n trust gehou word
· Alle arbeiders wat op die plaas gewerk het vir termyne tussen tien en vyftig jaar, sal tussen 10% en 50% van die plaas besit
Mnr. Meintjes sê dat hierdie maatreëls effektief die landboubedryf in Suid-Afrika gaan vernietig, en voedselsekerheid op risiko gaan plaas. “Wat hier gebeur is ‘n Zimbabwe-situasie, wat met ‘n vernis van demokrasie bedek word in ‘n poging om dit aanvaarbaar te maak. Die netto resultaat sal dieselfde wees as in
“Toe TLU SA tydens die werksessie gevra het of hierdie nie neig na ‘n sosialistiese bestel, is TLU SA se kommer afgelag deur amptenare van die Departement as ‘Rooi-gevaar stories’, terwyl die kapitalisme as sodanig ook aangeval is.”
Mnr. Meintjes wys daarop dat die sentimente in hierdie werksessie, in harmonie is met ‘n verskeidenheid ander beleidstandpunte, konsep wetgewing en wette wat reeds deurgevoer is wat op ‘n direkte en indirekte wyse die beginsel van privaat besitreg aantas.
“As dit gaan lei tot ‘n sosialistiese of selfs kommunistiese bestel, het ons die plig om dit as sodanig te ontbloot, en sal alle moontlike slagoffers van dié proses, indringend moet kyk na moontlikhede om die kapitalisme en vrye mark te beskerm en selfs weer te verstewig,” sê mnr. Meintjes.
Intussen het mnr. Meintjes boere ook aangemoedig om hulle ondersoeke na moontlike meganisasie, te versnel en in werking te stel.
Die ANC kon net sowel oorlog verklaar het.
Stem Front Nasionaal. Die enigste alternatief wat nog bestaan voordat die lood gaan begin vlieg.
Verw.: “Die ANC kon net sowel oorlog verklaar het.”
Goeiedag Boere,
Oor bg. deel van Arnold se kommentaar stem ek oorwegend saam, ek dink net dit moes gelees het: “Die ANC het sopas oorlog verklaar. Hier kom die moeilikheid!”
Oor die tweede deel sal ons moontlik gesels as daar enigsins ‘n stemmery gaan plaasvind, wat ek al meer en meer betwyfel. My gevoel is dat hierdie skuif van die ANC, bewys dat hulle self nie meer die stembus vertrou nie, die bewys dat hulle so ongemaklik op hul gesteelde troon sit, dat hulle desperate stappe begin neem om die omval daarvan uit te stel.
Dit is nogal opvallend dat Jeremy Cronin en die SA Kommunistiese Party die afgelope tyd maar baie laag lê en nie hul monde rek of deelneem aan die verkiesingslawaai nie. Ek is baie seker dat hulle in die agtergrond reeds hard besig is om hul Polit Buro saam te stel. Die proses wat Mugabe gevolg het om alle blanke eiendom te steel, was baie meer blatant, maar ek glo dat die Kommuniste daardie selfde planne, suid van die Limpopo net bietjie meer verfyn met nuwe wetgewing.
Louis Meintjies se oproep is wel gerig aan elkeen wat eiendom besit, omdat die ANC se wetgewing bedoel is om alle eiendom in die hande van die Kommunistiese regering te plaas. Maar sy fokus op die Kapitalisme en Vryemarkstelsel as sg. teenvoeter vir Kommunisme, lyk amper vir my of hy die mobilisasie van die volk en die algemene landsburgers van ietwat minder waarde ag. Mobilisasie van die volk sal egter vanuit elkeen van onsself moet kom, en die verdeeldheid wat deur die party-politiek veroorsaak is, sal nou vir eens en altyd uit ons volk se siel geskeur moet word.
Boeregroete,
DuP
Die anc het jarre en jarre gelede oorlog verklaar en het nog nooit vrede gesluit nie. Inteendeel die skroewe was aangedraai en word steeds gedraai.
” Deur nie deel te neem nie, is die sterkste vorm van verset wat vir die Afrikaner op die oomblik beskikbaar is. Deur nie deel te neem nie word die wettigheid van die aanspraak van die ANC op Suid Afrika in die ban gedoen en behou die Afrikaner sy regmatige eienaarskap van hierdie land wat ons land is, ongeag die onwettige beheer waarmee hulle bekroon is deur die verloopte NP regering van voor 1994. ” – Danie Varkevisser, 31 Maart 2014.
Gepraat van jarre … jarre gelede het ‘n kenner oor kommunisme ons in die skool ons kom vertel hoe dit werk. Hy het baie dinge daardie dag gesê. Die ding wat in my kop vasgesteek het was waar hy Kommunisme met ‘n seuntjie vergelyk het, wat elke dag ‘n dun snytjie van ‘n groot polonie in die yskas afsny. Vandag aan die kant en môre aan die anderkant. So maak hy elke dag sonder dat sy ma agterkom dat die polonie kleiner word. Eendag wanneer dit te laat is sien sy ma dat die polonie omtrent weg is.
Dieselfde ding gebeur vanaf daardie skooldae (En voor dit.) met ons. Die polonie word gesny. Elke dag. Tot vandag toe.
Die “Final Policy Proposals on ‘Strengthening the Relative Rights of People working the Land” is net nog so ‘n snit.
Om nie deel te neem nie is die heel swakste vorm van verset… wie het al ooit in die geskiedenis enige iets reg gekry deur nie deel te neem nie? Dis nie asof enige een van ons kan se dit wat in hierdie land gebeur affekteer ons nie elkeen elke dag nie… Dit is nie iets daar ver weg nie – dit is nou en hier! Die anc regering berei al 20 jaar hiervoor… Waarvoor dink julle het hulle al daai derduisende jeugdiges weermag opleiding gegee?
Verw.: “Waarvoor dink julle het hulle al daai derduisende jeugdiges weermag opleiding gegee?”
Goeiedag Keelvol,
Nie om te stem nie.
Boeregroete,
DuP
Keelvol
Jaap Marais oor deelname:
” Napoleon het gesê: “Dit is ‘n aanvaarde voorskrif van oorlog: moet nooit doen wat die vyand wil hê jy moet doen nie, omrede alleen dat hy dit begeer … Vermy ‘n slagveld waarop hy ingegrawe is”. Dit is letterlik toepaslik op die uitnodiging om aan die 1999-verkiesing deel te neem. Die ANC-SAKP wil hê dat Afrikaners daaraan moet deelneem, omdat hulle weet die Afrikaners kan hulle nie in hul verskanste politieke posisie verslaan nie. ”
” Neem jy deel aan die onregmatige politieke beste! en gee jy sodoende daaraan erkenning, of bly jy daarbuite en sit die stryd van buite voort? Dit was reeds die vraag toe die bedrieglike vredesonderhandelings in 1993 by Kemptonpark aan die gang was, waarby die vyande die Afrikaners ten alle koste betrokke wou kry, want die persepsie moes geskep word dat die Afrikaners met die ANC vrede gemaak het. Die wat daarin ingegaan het, kon nie weer daaruit nie en dit oorheers steeds hulle voortgesette verkeerde taktiek en strategie. Om aan die vredesonderhandelings te Kemptonpark deel te neem, was die voorvereiste dat aan die vyand oorgegee moet word. Dit is wat die ANC-SAKP sedertdien dan ook laat optree het as die oorwinnaars wat hulle vredesvoorwaardes aan ander opgedwing het en voortgaan om as die oorwinnaars die Afrikanervolk as ‘n verowerde volk te behandel.
Die prys
Die KP het in 1991 in ‘n verklaring gesê deelname aan die onderhandelings is verraad, maar in 1993 het hy onder die vaandel van die Afrikanervolksfront en die sogenaamde COSAG en Vryheidsalliansie deelgeneem asof deelname aan die onderhandelings toe nie meer verraad sou wees nie. Dit was ‘n sigbare taktiese misstap wat net Afrikaners verwar en die vyande bevoordeel het. In 1994 het die KP gesê hy bly buite die Kommunisties-gereelde verkiesing, ook uit godsdienstige oorwegings, maar in 1995 en 1996 het hy met vernederende gevolg deelgeneem en is nou op grond van sy selftoegediende besering verbind om ook aan die 1999-verkiesing deel te neem. Geen taktiek en strategie kan sinvol wees as dit so veranderlik is nie, want dan is “taktiek en strategie” net ‘n verskoning vir opportunisme en gebrek aan beginsels en oortuiging. ”
” Die alternatief is om buite die bestel te bly, en soos Napoleon gesê het die slagveld te vermy waarop die vyand verskans is. Hoe groter die getal Blankes is wat weier om aan die verkiesing deel te neem, hoe sterker word die gees van verset en hoe gunstiger word dit om in gemeenskaplikheid teen die vyand te staan en die stryd voort te sit. “
Keelvol
“Jy mag met hierdie ongelowige lasteraars nie eens eet of in dieselfde juk trek nie.” – En jy wil deelneem? Neem alreeds deel?
Goeiedag Transvaal Burger,
Dankie vir hierdie uiteensetting, oor die beginsels van Party-politiek het ek telkemale nie met Oom Jaap saamgestem nie, maar as ek van hierdie standpunte van hom voor 1994 bewus was sou ek defnitief met hom saamgestem het.
Ek was een van daardie misleide Afrikaners wat gedink het die AVF is die antwoord, totdat ou Ferdie saam met Oupa Xosa en Holomisa die sg. Vryheids Alliansie aangegaan het en Kontant Viljoen en die Mulders die mat onder ons voete uitgepluk het met die VF wat hulle gaan registreer het.
Boeregroete,
DuP
DuP du Plessis
Die media het destyds ‘n karikatuur van Jaap Marais gemaak/probeer maak. Hy was vergruis. Veral op tv. En as ‘n mens nie so op hoogte van politiek was nie, veral as ‘n mens jonk is en met ander dinge besig is, dan steek die ‘karikatuuragtige’ beeld van Jaap Marais nogal in ‘n mens se kop vas.
Maar Jaap Marais was reg. Hy was ook beginselvas en het nie geval vir snert en duiwelse eie-belang alliansies nie. Veral nie belang gestel aan deelname aan ‘n terroriste-bende-regime nie.
Sy standpunt/e kom spook nou by baie mense.
Goed gaan.
Ek kan nie hiermee saamstem nie. Deur tussen hulle te bly en onderworpe aan hulle kultuur en afgoddery te bly is die fout. Dit is tyd om Egipte te verlaat, al neem dit 40 jaar in die woestyn. Ek het groot geword met HNP. Ons het na 362 jaar nog nie vryheid nie. Ons regte word al hoe minder en die plaas moorde al meer. Ek is al vir 10 dae in skok oor die moord op ‘n volksheld van Ermelo. ‘n Familie wat Afrikana is, is te pletter gedonder. Deur buite stemming te bly maak ons op niks aanspraak nie, ons staan vir niks en is niemand. Ons het regte, ons moet aanspraak maak daarop. Ek het nou so genoeg gehad van hierdie pyn in my borskas, hierdie trane oor my wange. Hierdie hulpelose magtelose lewe. Hoe lank moet ons vroue nog wag vir die mans om laer te trek? Hou op om ander pad te kyk! Napoleon het nie met wreede barbare te doen gehad nie. Hierdie geveg van ons is nerens in wereld geskiedenis of politiek opgeteken nie. Hierdie volk loop nog al die pad met die Bybel in die hand en probeer vreedsaam met ander saam lewe. Vandag sien ek, as gelowige, waarom Dawid vir Goliat moes aanvat. Ons is op die randjie van die afgrond, maar reik mekaar nie die hand nie. Asb meneer, jy kan iets hieraan doen, doen dit net asb! God met ons.
Juis… – hoe gaan jy jou verset daarteen – gaan jy wag tot dit heeltemal onwettig om jou daar teen te verset? Waar maak hulle nou weer daai wette? o ja dis reg in die parlement.
Verw:” Neem jy deel aan die onregmatige politieke beste! en gee jy sodoende daaraan erkenning,…” neem jy nie deel nie moet jy ook erkenning gee – kyk self die magtige VVK moet die regering erken en in die regering se howe sy saak stel… Hierdie argument dra geen water nie.
Tel bietjie hoeveel jare terug is 1993… Grawe jy nie nou ou koeie uit die sloot nie? Vandag is April 10 2014 – Kempton park is al lank al verby en ons kan niks nou daar aan doen nie. Ons het huidige probleme wat vir ons sit en wag, hier en nou.
Verw:”…hoe sterker word die gees van verset…”
Dit is wat ek probeer aan wakker in julle en hoekom ek so omgekrap met julle raak… want julle bou nie aan die gees van verset nie julle breek dit af… Om mense aan te raai om sit en wag vir iemand; (VVK/Chuck Norris/ of wie-ook al) gaan nie ons probleme oplos nie, mense moet aktief raak en self werksaam wees op elke front.
As mense dan nou nie eers op n vakansie dag kan opstaan en n kruisie of twee kan gaan trek nie – hoe gaan hulle hul self teen bate beslagleggings verset? Teen die Volksmoord?
Julle kan maar al julle eiers in die VVK Mandjie gooi – ek persoonlik dink dit gaan meer kos om ons vry te maak uit hierdie bose bestel. Een vir een gaan FN al die wettige opsies uitput en ons mense aanmoedig om self deel te neem aan hulle eie vryheid strewe… Soos wat dit goeie Christen mense beaam.
My stem gaan vir SELFBESKIKKING nie om deel te neem nie… FN wil nie meer deel van die eenheidstaat van Azania wees nie!!!!… Die pad na ons eie onafhanklike land is n lang een maar op daai pad gaan FN die regering om elke hoek en draai frustreer. Hoe meer mense ons ondersteun hoe vinniger bereik ons ons doel…
Handelinge 11 vers 1 tot 18: 1 Die apostels en die ander gelowiges in Judea het gehoor dat mense wat nie Jode is nie, ook die woord van God aangeneem het. 2 Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt: 3 “Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.” 4 Petrus het toe vir hulle alles mooi uiteengesit: 5 “Ek was in Joppe besig om te bid toe ek in geesvervoering ‘n gesig gesien het,” het hy gesê. “Ek het iets soos ‘n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, uit die hemel sien afkom, en dit het tot by my gekom. 6 Toe ek goed daarna kyk, sien ek daarin viervoetige diere van die aarde, wilde en kruipende diere, en wilde voëls. 7 Ek het toe ‘n stem gehoor wat vir my sê: ‘Kom, Petrus, slag en eet.’ 8 Maar ek het geantwoord: ‘Nooit nie, Here! Ek het nog nooit my mond aan iets gesit wat onrein of onheilig is nie.’ 9 ‘n Tweede keer het ek die stem uit die hemel gehoor: ‘Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie. 10 Dit het drie keer gebeur, en daarna is alles weer in die hemel opgetrek. 11 “Terselfdertyd het daar drie mans wat van Sesarea af na my toe gestuur is, by die huis aangekom waar ons tuis was. 12 Die Gees het vir my gesê dat ek nie moet aarsel om saam met hulle te gaan nie. Ek en hierdie ses broers is toe saam met hulle, en ons het in Kornelius se huis ingegaan. 13 Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het, wat vir hom gesê het: ‘Stuur iemand na Joppe toe en laat vir Simon daar haal wat ook Petrus genoem word. 14 Hy het ‘n boodskap vir jou waardeur jy gered sal word, jy en jou hele huisgesin.’ 15 “Skaars het ek begin praat, of die Heilige Gees kom op hulle net soos op ons in die begin. 16 Toe dink ek aan die woorde wat die Here gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ 17 Hulle het net soos ons in die Here Jesus Christus geglo, en God het aan hulle ook dieselfde gawe as aan ons gegee. Wie was ek dan om God te probeer verhinder?” 18 Toe die gelowiges dit hoor, was hulle tevrede. Hulle het God geprys en gesê: “God het selfs mense wat nie Jode is nie, tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee.”
Moet nie so eensydig die Woord probeer toepas nie… veral nie uit die ou testament nie… probeer om die hele boek as n geheel te sien al is dit net vir n oomblik en dan sal jy weer by die selfde boodskap uitkom van die eerste liefde en dade… Hy is n regverdige God en kyk in ons almal se harte…
Goeie dag keelvol.
Vir wat soek jy selfbeskikking?
Gaan stem saam met die ANC.
Die ongelowige lasteraars is dan mos jou broers?
Gaan eet met die swartes.
Nooi hulle in jou huis in.
Laat jou kinders met hulle ondertrou.
…probeer om die hele boek as n geheel te sien al is dit net vir n oomblik en dan sal jy weer by die selfde boodskap uitkom…
Beofen jou interpretasie van die skrif voor jy dit preek.
Ek wonder, het jy nie dalk, net vir n oomblik gedink dat ons nie stemmers iets verstaan wat jou
verwysings raamwerk nog nie vir jou die vermoe gegun het om te verstaan nie?
AntSan
Die verwyte, die vrae en die soeke na oplossings moet voor die deur van die ‘meneer ja-stemmer, die ‘meneer’ 1994-hensopper-joiner-verraaier en die ‘menere’ wie daarna aan die duiwelse-bestel deelgeneem het en nog deelneem, se deur/e gelê word.
En so ‘by-the-way’ … daar was heelwat mevroue wie ook in die drie fases van volks-selfmoord ingeval het en is nog steeds daar.
Vra vir ‘meneer’ Keelvol, Front Nasionaal kandidaat, wie dalk eerdaags in die agterbanke van die duiwelse bestel se ‘parlement’ gaan sit, om aan jou te verduidelik hoe hy ‘n grynslaggende dingaan gaan oorreed om selfbeskikking te bekom/onderhandel en ‘n plekkie te bewerkstellig vir ‘n laer.
Ek wil ook net vir jou vertel van die gratis bouers losie binne die gronde van die ‘parlements’ perseel. Die losie se naam is ‘Lodge de Goede’. Hy kan daar ook gaan aanklop om raad. Hy kan sommer daar by die ‘Grand Master’ Armiston Watson van die DA gaan kers opsteek. Hy is ‘n ou gesoute deelnemer …
AntSan, ons nee-stemmers het die ja-stemmers gewaarsku dat hulle ja stem vir ‘n gemors waaruit ons nie sal kan kom nie.
Jy vra ‘Asb meneer, …?’. Daar is niks wat ons ‘menere of ‘mevroue’ kan doen nie, behalwe om die knie voor God te buig, om te doen soos Hy ons beveel het en daarby te hou en te vra vir hulp. Dit is alles nou in God se hande en in ons denke en dade.
Om in die strate in te vaar op ‘n straf ekspedisie sal selfmoord wees. Die oplossing en die leier/s, die sal kom. Sowaar as wat ek hier tik. Dié het ek al op die forum bespreek asook die bron daarvan. Gaan lees dit met Die Bybel dan sal jy verstaan en kalmer raak.
Verder kan ek jou net alle sterkte toewens en weer benadruk dat deelname aan die duiwelse-bestel boos is.
Groete
Jy neem deel.
Verw.: ” Ek wonder, het jy nie dalk, net vir ‘n oomblik gedink dat ons nie-stemmers iets verstaan, wat jou verwysingsraamwerk nog nie vir jou die vermoë gegun het om te verstaan nie?”
Goeiedag Edmund,
Daar kom ‘n tyd wanneer praat nie meer help nie, dit is dan dat mens ‘n hardkoppige seun maar laat begaan (dalk bietjie aanhelp) om sy kop te stamp. As hy nie uit eie oortuiging besef dat hy goeie raad in die wind geslaan het, en daardeur tot inkeer kom nie, dan raak woorde net tydmors.
Keelvol se mond loop oor, waarvan sy hart vol is, (en ek het waardering daarvoor) maar niks wat enige nie-stemmer sê, gaan hom anders oortuig nie.
Dan Roodt se oortuigingsvermoë is merkwaardig, hy kan Afrikaners wie oop is vir oortuiging se koppe maklik swaai, nou na die een kant toe, more na die ander kant toe. (Hy het dit reggekry toe hy ‘n groepie HNP-lede in twee kampe ingepraat het op sy rubriek in ‘Die Afrikaner’.) Maar in ‘n stelsel wat oorheers word deur die haters van geregtigheid, wat die redelose massas manipuleer deur haat en geweld, sal sy oortuiging steeds net sy klein groepie kan beïnvloed.
In hierdie huidige omstandighede, waar emosies kunsmatig opgesweep word om party-politieke wins daaruit te verkry, is dit vir myself belangrik om risiko’s uit te wys en waar moontlik aan te spreek, maar ek is lankal verby daardie punt waar ek ander probeer oortuig na my siening toe.
Boeregroete,
DuP
DuP du Plessis en Edmund
Julle is so reg, hoor.
@ Edmund
Verw:”Vir wat soek jy selfbeskikking? Gaan stem saam met die ANC. Die ongelowige lasteraars is dan mos jou broers? Gaan eet met die swartes. Nooi hulle in jou huis in. Laat jou kinders met hulle ondertrou.”
(ek sak my kop)
Moet nie vir my kwaad word as jou hele interpretasie van die Skrif nie klop met die waarheid nie. Nie klop met die geaardheid van ons Hemelse Vader nie. Ek het julle gesê ek is van die selfde gemeente as julle. Persoonlik dink ek is daar geen ander internet blad op aarde waar ek mense sal kry wat self net naastenby my siening sal deel met die kern kwessie hier nie…
So wie is jou naaste Keelvol?
My naastes is my Boere mense – nie omdat ek die Afrikaner Boer argument wil aan wakker nie maar omdat dit die Volk is wie ek myself persoonlik mee assosieer. Ek voel vir Antsan – ek voel vir ons Boere mense wat van die honger dood gaan. My eie oupa is gestraf dood en ek voel vir elke liewe mens in ons Volk wat deur so iéts moet gaan. Dit is my mense! Dit is vir hulle en my kinders wat ek werk… Dit is vir ons wat ek selfbeskikking probeer kry.
Geen swarte is my naaste nie en geen ongelowige is my broer nie. Ek sal nie in n heiden se huis gaan eet nie en op geen maar geen manier sal ek toelaat dat my kinders met geen niemand anderste sal ondertrou nie.
My eie mense Eerste!
Net soos elkeen van julle!
@TB
Ek neem-deel aan n proses wat ten doel het om ons vry te maak van hierdie juk!
@ DuP
Dankie dat jy ten minste nie vyandig is nie en kan aanvaar dat ek n anderste siening as jy het.
Ek aanvaar ook dat julle ander sieninge het as ek – my missie is nie teen julle as mense nie maar teen die feit dat julle ander aanraai om nie te stem nie – dit is net hieroor wat ons koppe bots.
Ja ek mag dalk jonk wees (36) maar ek dink nie dit is n slegte ding nie – kyk hoeveel bagasie dra julle ouer ouens rond… Al die leed wat julle aangedoen is en die verraad wat teen julle gepleeg is, wat julle so bitter maak… Ek ken die stories van julle generasie en ek weet waar julle vandaan kom – maar ek dra nie julle las nie. Die las op my skouers is die een van vandag en ek spits my toe om met die nou en die hier te werk te gaan.
Ek is n indiwidueel nes elkeen van julle, met my eie sieninge. Ja, daar is altyd risiko’s maar hy wat niks waag nie sal niks wen nie. As FN nie na my persoonlike verwagting presteer nie sal ek nie weer vir hulle stem nie. Dit is hoe politiek eintlik veronderstel is om te werk…
Verw.: “Die las op my skouers is die een van vandag en ek spits my toe om met die nou en die hier te werk te gaan.”
Goeiedag Keelvol,
Ek het gesê dat ek waardering het vir jou oortuiging, bloot omdat ek ook 36 jaar oud was, dat ek toe ook verantwoordelikheid vir my vrou en klein dogtertjies se veiligheid moes neem, dat ek toe ook die geweld van hordes verstandlose diere moes aanskou, selfs moes sien hoe hulle hul eie mense wat nie met hul geweld wou meegesleur word met “necklaces” vermoor. (Ken jy die reuk van mensvleis wat doodbrand?)
Ek moes toe ook, moontlik uit eie oortuiging, en moontlik ook vanuit die voorbeeld in my ouerhuis, glo dat die enigste uitweg om in hierdie land te oorleef, sou wees om die regte poliitieke party aan bewind te kry, en die idiote in die NP te verwilder. Ek het gereken manne van my ouderdom se weermag-opleiding en -vaardigheid is genoeg om ons deur te sien. Ek wou self maak en breek, want ek was toe nog onbewus van iets soos volkskap, van die Boervolk, wou selfs geen Geloftefeeste bywoon nie, het dit slegs gesien as ‘n dag van toesprake en politieke opsweping.
Daar was toe nie veel nie-stemmers in my geselskap nie, maar toe die twee referendums uiteindelik aanbreek, wel baie nee-stemmers. En eers sedert dit alles met verraad tot niks gekom het, het ek besef dat hierdie wederstrewige ou volkie se voortbestaan slegs deur ons Vader in die hemel voorsien kan word, en slegs ook as ons as volk terugkeer na Hom en ons gelofteskuld begin betaal.
So, lees maar my kritiek op die FN vanuit hierdie oogpunt, maar hou aan om uit die moed van jou oortuiging alles in die stryd te werp, beginsels verdiep gewoonlik namate mens ouer word.
Boeregroete,
DuP
Keelvol ek wil net met jou bevestig dat ek ook FN gaan stem.
Hier is ‘n paar manne wat jy nie sal oortuig om dieselfde te doen nie. Ek respekteer hulle oortuigings, alhoewel hulle argument nie oortuigend is nie
Hulle weier volstrek om hierdie vraag van my te antwoord.
Indien Front Nasionaal wel daarin slaag om Selfbeskikking te kry, waar gaan hierdie manne verkies om te woon.
Want volgens hulle mening gaan beide die twee “gebiede” onchristelik wees.