Minister kry taai klappe

Angie Motshekga, die Minister van Basiese Onderwys moes hoor hoe haar Departement aan flarde geskeur word deur opposisie lede wat haar beskuldig het dat sy, net soos elke ander jaar, weereens nie die knelpunte in die onderwys aanspreek nie.

Sy moes ’n paar taai klappe verduur toe parlementariërs te velde getrek het teen haar gebrekkige plan wat hoegenaamd, volgens hulle siening, nie bydrae tot uitnemende onderwys in die land nie.

Motshekga is beskuldig dat daar hopeloos te min gedoen word om swak infrastruktuur te verbeter, terwyl honderde skole sonder ’n biblioteek is en leerlinge oor geen handboeke beskik nie.

Sy moes hoor dat daar graad 6 leerlinge is wat hoegenaamd nie presteer in wiskunde en wetenskap nie, omdat daar nie bevoegde onderwysers is wat die leerlinge kan onderrig nie,

Die beskuldiging is ook gemaak dat daar min leerlinge in graad 12 is wat slaag in wiskunde en wetenskap, en gevolglik is daar min wat universiteitsvrystelling ontvang.

Foto – minister Angie Motshekga