Mickey Rooney sterf.

Die vermaaklikheidslegende, Mickey Rooney, wat voordat hy twee jaar oud was met die verhoog kennis gemaak het, is Sondag oorlede. Hy was 93 jaar oud. 

Van sy eerste optrede in sy pa se arms wat ‘n vaudeville akteur was tot sy dood was hy selde uit die kollig. Sy eerste roem was as die tiener Andy Hardy en daarna het hy in meer as 100 rolprente, televisieprogramme en teaterstukke verskyn. 

Rooney was gebore om op die verhoog te wees. "Ek het altyd teaterligte geniet," het hy in sy biografie "Life is Too Short." geskryf. "Geen wonder nie dat as ek my yskas se deur oopmaak, is ek gereed vir ‘n uitvoering." 

Hy was ook agt keer getroud gewees. Een van sy vrouens was die bekende Ava Gardner. Ook hieroor het hy gespot: "Trou vroeg in die oggend. Indien dit nie uitwerk nie het jy darem nie die hele dag vermors nie." 

Met sy dood was hy vir 35 jaar met sy laaste vrou getroud. Jan Chamberlin, en agt kinders oorleef hom. ‘n Negende is in 2006 oorlede. 

Rooney was die laaste lewende mansster van die 1930’s wat die suksesvolle oorgang van vaudeville na stil rolprente tot groot films van die 21ste eeu gemaak het. 

Hy is as Joseph Yule Jnr. op 23 September, 1920 gebore. Sy ouers was in vaudeville en op 14maande het hy op die verhoog gekruip met ‘n mondfluitjie om sy nek gebind. Sy vader het hom opgetel en aan die gehoor voorgestel. Toe hy 17 maande oud was het hy deel geword van sy ouers se item, geklee in sy eie handgemaakte tuxedo. 

Op 14 het hy sy naam na Mickey Rooney verander en ‘n kontrak met MGM geteken. Drie jaar later het hy die rol van Andy Hardy gekry in ‘n reeks van 14 films wat sy roem gevestig het. Die films het ook die bonus gehad van ‘n lewenslange artistieke samewerking en vriendskap met Judy Garland. 

Sy deurbraak as dramatiese akteur was teenoor Spencer Tracy in "Boys Town" en in 1939, 1940 en 1941 was hy die wêreld se grootste lokettreffer. 

Van sy ander bekende films was, "National Velvet," "Breakfast at Tiffany’s," "Requiem for a Heavyweight," "The Black Stallion" en "Night at the Museum."