Man en huis brand tot kool

Mnr. Ryno Verster (45) in die Crinum Oord, in die Hennopspark omgewing se verkoolde liggaam is in sy afgebrande huis gevind nadat die tweeverdieping huis tot as verbrand het en brandweer lede op die tragedie afgekom het.

Charmaine Jonker Viljoen, sy lewensmaat. was blykbaar nie tuis toe die brand ontstaan het nie, en het eers die volgende dag by die afgebrande huis aangekom.

’n Brandweer woordvoerder sê hulle het brandstof in die huis geruik, maar die moontlikheid bestaan dat chemikalie aangehou is wat na brandstof ruik.

Verster was ’n elektrisiën in diens van NCP Chlorchem.

Die vuur het vinnig versprei, en die feit dat die tweede verdieping ’n houtvloer gehad het, het skynbaar die vuur vinniger laat versprei.

Iemand het beweer dat die oorledene selfmoord gepleeg het met ’n tou, maar nooddiens personeel beweer dat hulle nie ’n tou kon vind by die liggaam nie.

“Hy het my gedurig opgehemel, want dit is hoe hy was,” het Charmaine gesê.

Hy het geen kinders nie, maar sy het.

“Ek weet nie wat gebeur het nie. Maar wag self vir antwoorde,” het sy gesê.