Maleisiese redery dopgehou

Die Maleisiese Nasionale Lugdiens word fyn dopgehou, en talle passasiers is skepties nadat ’n tweede vliegtuig so byna sy passasiers verongeluk het toe die tuig opgestyg het by die lughawe van Kuala Lumpur.

Die vliegtuig moes noodgedwonge omdraai, kort nadat dit opgestyg het, nadat die vlieënier deur die beheertoring beveel is om onverwyld om te draai omdat ’n band gebars het kort voor die vliegtuig die aanloopbaan verlaat het.

Die vlieënier is kort daarna ingelig dat daar stukke van ’n band op die aanloopbaan lê wat afkomstig is van die vliegtuig.

Die vlieënier moes omdraai, en het ’n noodlanding uitgevoer tot ontsteltenis van die passasiers aan boord.

Die Maleisiese Lugdiens is skerp onder die soeklig nadat ’n Boeing met 239 passasiers aan boord, gedurende Maart vermis geraak het.