Leeumannetjie beseer dokter

Hy het die twee leeumannetjies op die Bagamoya-landgoed buite Bloemfontein bederf deur hulle vla te voer, maar toe hy daarmee klaar is, het een hom met sy groot kloue bygedam en teen die grond gegooi.

Dr. Begbie Hunter van Jacobsdal sê hy het al gesien hoe die leeu hom gaan doodmaak as dit nie was vir die eienaar wat ingetree het en die leeumannetjie weggelei het nie.

Hunter het glo tussen die twee leeumannetjies gestaan toe dit gebeur het.

Alhoewel die eienaar beweer dat die leeu nie gebyt het nie, het omstanders glo gesien hoe die leeu hom agter, in sy nek gebyt het.

Hunter meen hy sou sonder die hulp van die eienaar dalk nie lewendig uit die kamp gekom het nie, en sou dalk vir ’n “lang tyd die leeu se speelding gebly het”.

Hy sê die wonde wat hy opgedoen het was op geen stadium pynlik nie, maar hy het deeglik tot die besef gekom met watter ontsaglike krag die leeu hom neergegooi het teen die grond.

Die eienaar sê dit is die eerste voorval van die aard wat hy ervaar het, en sal met groter versigtigheid te werk gaan in die toekoms.