Kry brief na 101 jaar

Sowat 101 jaar nadat die gebottelde brief deur sy eienaar geskryf en ter see gelaat is, het ’n visserman van die oos-see, naby die stad Kiel, dit in die see opgepik.

Die bottel, met sy geskrewe poskaart daarin, se eienaar is geïdentifiseer, en die versoek dat die bottel na ’n bepaalde adres in Duitsland afgelewer moet word, is nagekom deur die welwillendheid van pospersoneel wat die waarde daarvan besef het.

Uiteindelik is die bottel aan die adres afgelewer, waar die skrywer se kleindogter Angela Erdmann (62) nog woon.

By ontvangs daarvan, en die lees van die poskaart het dit haar trane laat vloei, maar ook die besef gebring dat dit ’n stukkie geskiedenis is wat bewaar moet word. Die Maritieme Museum in Hamburg, Duitsland bewaar die bottel en poskaart.

“Dit was ongelooflik, en baie roerend,” het Erdmann gesê toe sy die bottel in haar hand houvas het.

Binne-in die bruin bottel was ’n boodskap wat op ’n poskaart geskryf is, wat vra dat die poskaart na ’n adres in Berlyn gestuur moet word.

Foto – Maritieme Museum