Kontrakteur onthul van Krygkor-korrupsie

Beloftes van duur oorsese vakansies, heerlike verblyf in verskillende gastehuise, was van die beweerde omkopery om weermag voertuie te herstel, is glo enkele gevalle waarby Krygkor amptenare betrokke was.

Daar was ook gevalle van rusie en ongevoeligheid teenoor mekaar se gesinne wat by die omkopery betrokke was oor wie wat kry en hoe die “werk” verdeel gaan word..

Een van die kontrakteurs het die sluier begin lig oor wat hy waargeneem het tydens die afgelope twee jaar se “beweerde omkopery”.

Hy sê alhoewel hy reeds meer as tien jaar betrokke is by herstelwerk onder kontrak, en hy nooit gediend was om betrokke te raak by die omkopery nie, het hy gesien hoe ander die kontrakte wegraap wat normaalweg aan hom toegeken was.

Hy het ook gesien hoe diegene wat geweier het om saam te speel in die omkopery, uiteindelik finansieel vernietig is.

Een kontrakteur het op onverklaarbare wyse, met sy lewe betaal toe hy in ’n “rooftog” doodgeskiet is in sy huis.

’n Ander kontrakteur sê hy is finansieel gebreek, en het gesien hoe sogenaamde “nuwe maatskappye” ontstaan, wat skielik kontrakte gekry het terwyl hulle oor geen vaardigheid beskik het om die herstelwerk te doen nie.

Van die voertuie is nie eers herstel nie, maar is net so teruggestuur terwyl die “ooglopende foute” met geringe verstellings gekamoefleer is.

Bewerings is ook gemaak dat een van die “nuwe maatskappye” het talle voertuie nie versien of herstel wat in die Verenigde Nasies (VN) se operasies gebruik sou word nie.

Daar is ook die geval van ’n hele konvooi voertuie wat pragtig gelyk het omdat hulle die VN wapen op het en wit geverf is.

Later is glo vasgestel dat die voertuie stokoud is, en net met verf “nuut” gemaak is.

Talle is heeltemal ondiensbaar, ander geheel en al nie meer bruikbaar nie, en die werktuigkundiges moes dae lank spartel om van hulle aan die loop te kry.

Daar is van die voertuie waarvan belangrike komponente net weg is, en omdat die ou voertuie is, was onderdele daarvoor nêrens bekombaar nie.

Tientalle voertuie staan nutteloos en sal sekerlik nie maklik weer in gebruik geneem kan word nie.