Konserwatiewes loop voor in Frankryk

Die Franse Nasionale Front (FN) is heelvoor in die oploop na die Frankryk se Europese verkiesing volgende maand.

‘n Onlangse meningsopname meen dat hulle 24 % van die stemme het, teenoor 22% vir die UMP-opposisie met pres. Francois Hollande se Sosialistiese Party derde met 20%.

Dit volg op ‘n massiewe swaai na regs gedurende die plaaslike verkiesings wat veroorsaak het dat die Sosialistiese regering vroeër die maand bedank het.

Mnr. Hollande het van ‘n morele krisis in Frankryk gepraat en het ‘n nuwe administrasie aangewys. Die probleem is dat sy linkse beleid steeds faal. Werkloosheid is meer as 11% en sy gewildheid is slegs sowat 20%.

Dit maak hom by verre die mees ongewilde staatshoof in die geskiedenis van moderne Frankryk.

Die Nasionale Front het ‘n ongekende sukses in die April plaaslike verkiesings gehad en het die beheer van 11 sleutel kiesafdelings oorgeneem en sowat 1,200 munisipale setels gewen.

Die leier van die FN het gesê hulle verwag om beter te doen in die Meimaand Europese verkiesing.

Meningsopnames het gewys dat die FN ‘n kwart van die stemme in die Europese Parlementêre verkiesing kon wen, maar hulle moet nou toegee dat die party selfs beter kan doen.

Foto – FN Leier Le Pen