KOGESA vestig n webblad

Na aanleiding van die opspraakwekkende gebeurtenis wat verlede week plaasgevind het toe KOGESA ’n Klagskrif laat beteken het op die voormalige staatspresident F. W. de Klerk, by die F.W. de Klerk-stigting se kantore, het die lede van KOGESA nou ’n stap verder gegaan en ’n webblad ontwerp waar lesers hulle steun kan toesê aan die aksie.

Volledige besonderhede is op die webblad beskikbaar en die volledige Klagskrif is ter insae vir besoekers aan die webblad.

Ingeligte waarnemers meen die aangeleentheid gaan groot belangstelling wek en ’n toeloop kan verwag word na die Afrikaner-sentrum in Pretoria op 31 Mei wanneer ’n historiese gebeurtenis gaan plaasvind.

Die webblad kan besoek word by http://www.kogesa.co.za/