Kleuterskool nou spookagtig stil

Dit was almal se vreugde om die stemme van sowat 35 woelwaters, wat op die terrein van die Tiny Love-kleuterskool in Midrand, van vroegdag gehoor is in die buurt.

Nou, minder as ’n maand later is daar glo net ses kleuters op die terrein te sien nadat persberigte bekend gemaak het dat die eienaar, Tessa Maritz soms in woede op die kinders gil en ook growwe taal gebruik.

Dit het ouers laat besef hulle kinders is waarskynlik by die verkeerde kleuterskool, en hulle kinders elders geplaas.

Maritz het vroeër glo erken dat sy soms growwe taal gebruik en op kinders gegil het.