Kerkdiens vir kospakkie-uitdelery

Die Paasdiens wat in die lokasie Kanana naby Klerksdorp gehou is, was eintlik ’n politieke set om kospakkies uit te deel aan kerkgangers en gestremdes wat die diens bygewoon het.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder na aanleiding van gebeure by ’n kerkdiens wat in die omgewing van Klerksdorp gehou is gedurende die Paasnaweek.

Premier Thandi Modise het geleentheid gekry om die kerkgangers in die Metodistekerk van Kanana gesê: “Soos God vir Adam en Eva die vermoë gegee het om te kies, net so moet julle dié reg tot keuse uitoefen deur te gaan stem.”

Terwyl talle ander hooggeplaastes uit Wes-Transvaal die premier vergesel het, was daar ook later ernstige besware oor die metode wat gebruik word om kiesers te motiveer om vir die ANC te stem.

Ingeligte ontleders is van mening dat die verkiesing niks anders is as ’n omkopery met fondse wat uit die sakke van belastingbetalers kom.

Foto – Thandi Modise