Kariba – miljoene menselewens bedreig

Daar groei hernude vrese vir ’n humanitêre tragedie, waarvan Afrika die omvang nog nie besef nie.  Ingenieurs waarsku dat die magtige Kariba dam, wat reeds in 1960 deur die Britse Koningin-moeder geopen was, besig is om ernstige http://www.thesundaytimes.co.uk/sto/multimedia/archive/00428/STN_KARIBA_DAM_30_0_428204a.jpgstrukturele foute te ontwikkel weens nalatigheid met instandhouding.

Ineenstorting van hierdie reuse damwal kan 180 biljoen ton water vrylaat, wat duisende krokodille en seekoeie in ‘n gebied van Zambië sal inspoel waar sowat 3,5 miljoen mense tans woonagtig is.  Hierdie watermassa kan  deur Malawi en Mosambiek stroom en ‘n groot deel van Suider-Afrika, wat van die dam se elektriese-turbines afhanklik is vir kraglewering, in duisternis hul.

Vroeër hierdie maand het Felix Nkulukusa, die permanente sekretaris van die Zambiese Finansiële ministerie, aan verslaggewers bekend gemaak dat die damwal ernstige strukturele verswakking ondervind.  “Ons word vertel deur ingenieurs, dat as niks binne die volgende drie jaar gedoen gaan word nie, die hele damwal meegesleur kan word,” het hy gesê.

’n Zimbabwese ingenieur wat anoniem wil bly, het verlede week aan ’n Suid-Afrikaanse naweekblad genoem dat die vibrasies in die wal “vreesaanjaend” is, sodra die sluise oopgemaak word om water vry te laat na swaar reëns.  “Jy kan die wal hoor en voel vibreer” het hy genoem.

Die water stort af in ’n versamelput reg onderkant die 420 voet (128m) hoë wal.  Oorspronklik was dit ‘n 30vt (9m) diep beton-struktuur, maar dit het op plekke reeds tot 250vt (76m) diep weggespoel, wat die wal se fondasies kan ondermyn.

Bykomend tot die probleem is die risiko van aardbewings, want die dam is aan die suidelike punt van die Afrika Slenkdal (Rift Valley) gebou, ’n tektonies-aktiewe gebied waar daar alreeds meer as 20 aardbewings voorgekom het met ’n Richter-skaal telling hoër as 5.

Elizabeth Karonga van die Zambesie rivier-owerheid, met gemeenskaplike eienaarskap van Zambië en Zimbabwe, het die vrese vir ’n ineenstorting probeer besweer, maar het tog toegegee dat “die toestand van die damwal kommerwekkend is.”

Chris Yaluma, die Zambiese minister van Myne, Energie en Water, het die situasie probeer beredder deur te sê: “Daar is geen rede tot paniek nie, die wal sal nie net oornag meegee  nie.”

Ineenstorting van die Kariba damwal kan egter opeenvolgende tragedies veroorsaak. As die vloedgolf Mosambiek bereik, sal die magtige Cahora Bassa dam oorspoel word, wat ’n verdere 51 biljoen ton water kan vrylaat en die stormvloed vier keer groter maak as die grootste wat nog ooit aangeteken was.

Die Rivier-owerheid beskou die herstel van die versamelput as dringend en hulle is bekommerd genoeg oor ’n ineenstorting, dat hulle ’n voorstel aanvaar het vir die konstruksie van ’n nuwe nood-sluis in die wal.

Ten minste $250 miljoen word benodig vir die herstelwerk, maar Robert Mugabe se  regering in Zimbabwe het die Internasionale Monetêre Fonds, die Wêreldbank en ander moontlike hulp-fondse uit sy land geskop.   Die Zambiese regering is egter meer optimisties dat die Wêreldbank, die Europese Unie, of die Afrika Ontwikkelingsbank moontlik sal help.  Maar hoe dit ook al sy, herstelwerk sal nie voor oor etlike maande eers  kan begin nie.

“Mense is tog uiters bekommerd, moontlik onnodig,” het Richard Maasdorp ’n ingenieur van Zimbabwe gesê.

“Maar hulle besef ook dat die horlosie se tyd aanstap.”

Sowat ’n maand gelede het ‘Die Vryburger’ ook berig oor ernstige krake wat in die damwal voorkom.